Afrikaans Bible

ESEGI╦L 3

ESEGI╦L

Return to Index

Chapter 4

1

 En jy, mensekind, neem vir jou 'n baksteen en sit dit voor jou neer, en teken daarop 'n stad, naamlik Jerusalem;

2

 maak dan 'n bele├źring daarteen en bou forte daarteen en gooi 'n wal daarteen op en stel laers daarteen op en l├¬ stormramme daarteen aan rondom.

3

 Verder, neem jy vir jou 'n ysterpan en sit dit as 'n ystermuur tussen jou en die stad; en rig jou aangesig daarop, en dit sal bele├źr wees, en jy moet dit bele├źr. 'n Teken is dit vir die huis van Israel.

4

 Gaan l├¬ ook op jou linkerkant, en sit daarop die ongeregtigheid van die huis van Israel; volgens die getal dae dat jy daarop l├¬, moet jy hulle ongeregtigheid dra.

5

 En ┬Ék l├¬ jou die jare van hulle ongeregtigheid op volgens die getal dae, drie honderd en negentig dae, dat jy die ongeregtigheid van die huis van Israel moet dra.

6

 En as jy met hierdie dae klaar is, moet jy, vir die tweede keer, op jou regterkant gaan l├¬ en die ongeregtigheid van die huis van Juda dra, veertig dae lank: vir elke jaar l├¬ Ek jou een dag op.

7

 En op die bele├źring van Jerusalem moet jy jou aangesig rig terwyl jou arm ontbloot is; en jy moet daarteen profeteer.

8

 En kyk, Ek sit vir jou toue aan, sodat jy jou nie kan omdraai van die een kant na die ander nie, totdat jy klaar is met die dae van jou bele├źring.

9

 En neem jy vir jou koring en gars en boontjies en lensies en broodmanna en spelt, en gooi dit in een skottel, en maak vir jou daarvan brood; volgens die getal dae dat jy op jou sy l├¬, drie honderd en negentig dae, moet jy daarvan eet.

10

 En jou voedsel wat jy moet eet, sal in gewig wees twintig sikkels elke dag; van tyd tot tyd moet jy dit eet.

11

 Jy moet ook water by die maat drink, die sesde deel van 'n hin; van tyd tot tyd moet jy dit drink.

12

 En as garskoeke moet jy dit eet en dit op die mis van mensedrek bak voor hulle o├ź.

13

 Toe s├¬ die HERE: So sal die kinders van Israel hulle brood onrein eet onder die nasies waarheen Ek hulle sal verdrywe.

14

 En ek s├¬: Ag, Here HERE! Kyk, my siel is nooit verontreinig nie, en ek het van my jeug af tot nou toe geen aas of iets wat verskeur is, ge├źet nie, en daar het geen bedorwe vleis in my mond gekom nie.

15

 Toe s├¬ Hy vir my: Kyk, Ek het vir jou beesmis gegee in plaas van mensedrek; daarop moet jy jou brood klaarmaak.

16

 Ook het Hy vir my ges├¬: Mensekind, kyk, Ek verbreek die staf van die brood in Jerusalem, en hulle sal brood by die gewig en met kommer eet en water by die maat en in stomme smart drink;

17

 sodat hulle gebrek aan brood en water het, en die een met die ander verstom staan en in hulle ongeregtigheid wegkwyn.

ESEGI╦L 5

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: